Momentum Aardklop - Gryp elke grasHolm
Wed, 30 Sept 2026, 12:00 · Potchefstroom
Gryp elke grasHolm gaan oor die silwer randjie van elke donker wolk. Elke stukkie sleg het ’n stukkie snaaks. Marion Holm wil vir die gehoor gee wat ons almal nodig het: hoop, humor en harmonie. Die wêreld is tans deurmekaar; ons moet maar self die komedie maak en die lag skep. Gryp elke grasHolm kan jou dalk net help in hierdie soektog na snaaks, sagtheid en sin. In hierdie splinternuwe eenvrouvertoning doen Marion Holm wat sy altyd doen: komedie met baie hart.
Met: Marion Holm
Teks: Marion Holm en Chris Vorster
Regie: Chris Vorster
Beligtingsontwerp: Thys Heydenrych en Chris Vorster
Verhoogbestuur: Thys Heydenrych
Vervaardiger: Handyminds
Gimmies
Komedie
Afrikaans
Geen o. 10
75 min.
30 Sep. 16:30
1 Okt. 13:00
2 Okt. 16:30