Momentum Aardklop - Crybaby — Events · The Go-To Guy

Momentum Aardklop - Crybaby

Tue, 29 Sept 2026, 12:00 · Elgro Hotelsaal, Potchefstroom
Momentum Aardklop - Crybaby

Op ’n doodgewone oggend, by ’n doodgewone dagsorg, beleef die driejarige Samuel die onkeerbare verwoester van onskuld – die nuus. Hy verander in ’n oogwink: Van ’n doodgelukkige kind na ’n moeë volwassene, dekades verouder deur haglike hoofopskrifte, tragiese gebeure en die lot van die mensdom wat hopeloos te swaar is vir sy nuwe skouers om te dra. CRYBABY is ’n absurde tragikomedie wat handel oor die tol wat dit eis om te lewe in ’n geldgierige wêreld waar alles in duie stort. Dit is terselfdertyd ’n liefdesbrief aan ’n mens se kinderjare en ’n onuitwisbare herinnering aan die een waarheid wat elke volwassene weet: Grootword is nie kinderspeletjies nie.

Met: Frank Opperman, Nicole Holm, René Cloete, Gantane Kusch en Wian Taljaard
Teks en regie: Carla Smith
Stel- en beligtingsontwerp: Wolf Britz
Verhoogbestuur: Jean du Plessis
Vervaardiger: KKNK
Produksiebestuurder: Cole Wessels
Moontlik gemaak deur: ’n Feesteforum-produksie. Moontlik gemaak deur NATi, ondersteun deur die Festival Enterprise Catalyst (FEC), in samewerking met The Jobs Fund

Elgro Hotelsaal
Komedie
Afrikaans
Geen o. 13 (T/I)
75 min.

29 Sep. 12:00
30 Sep. 18:00
1 Okt. 10:00
2 Okt. 19:00
3 Okt. 10:00

View this event on The Go-To Guy →

See everything on in the North-West →