Momentum Aardklop - Die Spoegvanger
Wed, 30 Sept 2026, 12:00 · The Roots, Potchefstroom
Stefanus S Viviers in gesprek met Salomé Kotze
Die Spoegvanger is die ontstellende, maar roerende vertelling van ’n jong, wit seun wat grootword op ’n plaas aan die Vaalrivier. Hy is ’n kind met ’n fyn waarnemingsvermoë, vasgevang in ’n wêreld van stilte, geheime en harde waarhede. Sy pa is ’n onderwyser, ’n politikus-in-wording, en die draer van ’n ideologie wat sy wêreld inkleur. Dis egter in die vriendskap met ’n Xhosa-seun dat die kind iets van ’n ander waarheid begin raaksien waarvoor daar in sy huis, en sy land, min plek is.
Fiksie. Naledi
ATKV-Boeke-oase, The Roots
Gesprekke
Gesin
45 min.