Momentum Aardklop - Historiese Almanak — Events · The Go-To Guy

Momentum Aardklop - Historiese Almanak

Tue, 29 Sept 2026, 12:00 · The Roots, Potchefstroom
Momentum Aardklop - Historiese Almanak

Albe Grobler in gesprek met Nadine Petrick

Historiese Almanak is ’n boeiende versameling van stories, feite en insigte uit Suid-Afrika se ryke geskiedenis. Met ’n mengsel van bekende en minder bekende gebeurtenisse, karakters en staaltjies bied die boek ’n toeganklike en onderhoudende kyk op die mense en oomblikke wat die land gevorm het.

Niefiksie, Truksvy

ATKV-Boeke-oase, The Roots
Gesprekke
Gesin
45 min.

29 Sep. 09:00


Historiese Almanak is ’n keur uit die skrywer se gewilde radiopraatjies en koerantrubrieke oor gebeure van die verlede. Dit is reeds vroeg in 1982 die eerste keer op die senders van die ou Afrikaanse Radiodiens (die voorloper van RSG) uitgesaai, in ’n era toe internetnavorsing nog nie moontlik was nie. Reg van die begin af was dit die unieke aanslag van dié programme en rubrieke wat luisteraars en lesers vasgenael gehou het. Die wenverhaal duur voort.

Die afdelingstitels is: Eie stories; Politiek en polemiek; Nuus van ’n ander aard; Uit Suid-Afrika se verlede; Oorlogsverhale; Baanbrekers, planmakers en uitskieters; Kalante, kreature en kaskenades; Kuns, vermaak en musiek; Skrywers en boeke; Silwerdoekstories en Sportstaaltjies.

View this event on The Go-To Guy →

See everything on in the North-West →