Momentum Aardklop - Liefde Lafras
Lafras sterf, maar verlaat nooit die huis nie. Nou sukkel Gertie om haar lewe met haar man se spooklewe te versoen. Elke gesin het sy spoke, maar hierdie een kan ongelukkig nie bly nie. Namate hulle ’n tweede wittebrood in hul huwelik beleef, verloor Lafras stadigaan sy krag en teenwoordigheid en bevraagteken alles – van God tot liefde en die sin van die lewe. Gertie weet wat sy moet doen, en ten spyte van Lafras se protes besluit sy om ’n slag beheer oor haar lewe te neem. ’n Lewe sonder Lafras is immers nie die moeite werd nie…
Met: Antoinette Kellermann en Gerben Kamper
Teks: Caitlin Wiggill
Verwerking: Antoinette Kellermann
Regie en stelontwerp: Wolf Britz
Kostuumontwerp: Birrie le Roux
Verhoogbestuur: Morag Tison
Klankbaan: Charl-Johan Lingenfelder
Vervaardiger: Toyota Stellenbosch Woordfees
Totiussaal
Drama
Afrikaans
OB
80 min.
29 Sep. 13:30
30 Sep. 20:00
1 Okt. 09:30
2 Okt. 13:00
3 Okt. 14:00