Momentum Aardklop - Vincent - His Quest to Love and Be Loved — Events · The Go-To Guy

Momentum Aardklop - Vincent - His Quest to Love and Be Loved

Fri, 02 Oct 2026, 12:00 · Potchefstroom
Momentum Aardklop - Vincent - His Quest to Love and Be Loved

"Vincent, die bekroonde kleinkuns-musiekspel wat al drie Naledi-pryse gewen het, belig die lewe en werk van Vincent van Gogh op ’n vindingryke en aangrypende manier. Sanger en akteur Daniel Anderson wissel naatloos tussen die rol van verteller en Van Gogh, wat hardop die woord voer in die skrywe van sy briewe aan sy broer, Theo. Gewilde musiekteater-, pop-, rock- en jazzliedjies kry ’n unieke baadjie om verder kleur te gee aan die lewe van ’n gefolterde man met ’n onblusbare skeppingsdrang, met ’n diepe behoefte om lief te hê en geliefd te wees.

Met: Daniel Anderson & Paul Ferreira
Regie, teks en stelontwerp: Amanda Bothma
Beligtingsontwerp: Amanda Bothma en Daniel Anderson
Kostuumontwerp: Amanda Bothma en Judy Raffan
Musiek: Verskeie kunstenaars
Musiekregie: Paul Ferreira
Musiekverwerking: Jacques du Plessis en Germaine Gamiet
Vervaardiger: Wêla Kapela Productions


Girls High
Musiekteater
Engels
OB
85 min.

2 Okt. 19:30
3 Okt. 16:00"

View this event on The Go-To Guy →

See everything on in the North-West →