Momentum Aardklop - Proe - Sippel en Soet — Events · The Go-To Guy

Momentum Aardklop - Proe - Sippel en Soet

Tue, 29 Sept 2026, 12:00 · The Roots, Potchefstroom
Momentum Aardklop - Proe - Sippel en Soet

Geniet ’n oorspronklike smaakervaring waar soetgebak en jenewer perfek saamkom. Hierdie kombinasie verenig verskeie soethappies met die verfynde botaniese elemente van bekende handelsmerke soos African Spirit Distillery en Whitley Neill. Elke slukkie en happie vul mekaar aan met ’n balans van verskeie geure.

Die fyngebak word met trots deur die sjefstudente van Roots Academy gebak, en die aromatiese karakter van die besondere jenewer word in detail verduidelik deur ’n kenner – van produksie tot proe!

Met African Spirit Distillery se plaaslike vakmanskap en Whitley Neill se internasionale innovasie vier hierdie proe-kombinasie gehalte en kreatiwiteit en is dit pure bederf

Met: Roots Academy & Darran Shuttle
The Roots
Leefstyl
Engels
Geen o. 18 (A)
60 min.

29 Sep. 11:00
30 Sep. 11:00
1 Okt. 11:00
2 Okt. 11:00
3 Okt. 11:00

View this event on The Go-To Guy →

See everything on in the North-West →