Momentum Aardklop - Pad na Soekmekaar — Events · The Go-To Guy

Momentum Aardklop - Pad na Soekmekaar

Tue, 29 Sept 2026, 12:00 · NWU Campus - POK (C6), Potchefstroom
Momentum Aardklop - Pad na Soekmekaar

Vertel vir ’n vreemdeling ’n storie, en die kanse is goed dat hy jou een terugvertel. Ons ontmoet baie mense in ons lewe met onverwagte stories wat ons vreugdes, ons vrese en ons drome weer aanwakker. Ons hoor stories wat resoneer, wat ons toestemming gee om te lag en te huil – wat ons herinner dat ons nie alleen is nie. In ‘n weggesteekte hoekie, in die plaaslike kroeg êrens aan die Wes-Rand, met toemaaktyd om die draai, ontmoet ons ’n doodgewone 68-jarige ou in die herfs van sy jare, op soek na kameraadskap en konneksie. Luister in terwyl die voormalige motorverkoopsman Derrick de Witt ’n ongesiene vreemdeling trakteer op verhale wat soms wye draaie loop. Wat is waar? Wat is fantasie? Wat wag vir ons op hierdie aand van geheime en verrassings?

Hierdie een is vir die storievertellers onder ons – en vir diegene wat net daarvan hou om te luister.

Met: André Odendaal
Teks en regie: Paul Slabolepszy
Vertaling: Ruda Landman
Beligtingsontwerp en produksiebestuur: Michael Inglis
Vervaardiger: Emmet Theatre

POK (C6)
Tragikomedie
Afrikaans
Geen o. 13 (T/I)
50 min.

29 Sep. 16:00
30 Sep. 16:00
1 Okt. 19:30

View this event on The Go-To Guy →

See everything on in the North-West →