Momentum Aardklop - Eerste vir alles
Eeue nadat hulle uit die paradys gesmyt is, besin Adam en Eva oor die huwelik. Kyk hier, dit was nie maklik om die proto-paartjie te wees nie, hoor? Alles moes vir die eerste keer uitgepluis word: liefde, kinders en huishou. Nou dat die laatlammetjie die huis verlaat, het Adam en Eva weer binnekort net mekaar vir geselskap. Sien hulle kans vir nog ’n honderd jaar saam en sal hul sondes hulle ontsien? Na baie goed en kwaad het Adam en Eva vir oulaas ’n appeltjie met mekaar te skil. Twee van ons land se gedugste storievertellers span kragte saam om die oorspronklike “power couple” te vertolk in ’n klassieke geval van “he said, she said”. Eva (Margit Meyer-Rödenbeck), ’n gefrustreerde kunstenaar, kry uiteindelik ’n beurt om haar kant van die storie te vertel, van die lief en leed van die eerste moeder en huisvrou. Adam (Frank Opperman) glo hy het dit ook nie maklik gehad nie. Die handboek vir menswees is eers ná sy tyd geskryf. Eerste vir alles is ’n romantiese komedie oor om saam ou bene te maak, veral as een die ander ’n ribbebeen skuld.
Met: Frank Opperman en Margit Meyer-Rödenbeck
Teks en regie: Wessel Pretorius
Stel- en kostuumontwerp: Nell van der Merwe
Beligtingsontwerp, oorspronklike musiek en verhoogbestuur: Wicus Louw
Vervaardiger: Arena Produksiehuis
Moontlik gemaak deur: ’n Ko-produksie van die Suidoosterfees en Vrystaat Kunstefees, moontlik gemaak deur Het Jan Marais Nationale Fonds
Gimmies / Potchefstroom Gimnasium
Komedie
Afrikaans
Geen o. 13 (T)
75 min.
29 Sep. 19:00
30 Sep. 13:00
1 Okt. 16:30
3 Okt. 16:00