Momentum Aardklop - Seun
"Ná suksesvolle speelvakke en verskeie bekronings keer Seun op gewilde aanvraag terug na Aardklop. Die produksie het vyf Momentum Aardklop-pryse in 2025 ontvang, waaronder beste toneelaanbieding, beste regie en gehoorgunsteling, en is ook bekroon met die Woordtrofee vir beste eenpersoonsvertoning by die Toyota Stellenbosch Woordfees in 2025.
Vir baie mense was die 1980’s net ’n dekade soos al die ander – die een van braaivleis, rugby, sonskyn en Chevrolet. Vir hulle was die lewe goed. Vir baie ander was die 1980’s ’n bitter moeilike en gevaarlike tydperk. ’n Tyd van omwenteling. En ’n tyd wat vrae laat ontstaan het.
Dit is die tyd van PW Botha se vuis, van die Voëlvry-toer, AWB-saamtrekke, onderhandelinge en die laaste dae van diensplig. Dana Snyman word oneervol uit die Weermag ontslaan, maar hy bring eers ’n besoek aan Saal 24. Werkloos en doelloos beland hy in ’n voormalige bediende se kamer in Pretoria.
Hierdie rou, selfopenbarende memoires vra: Hoe word ’n seun ’n man? ’n Seun wat nie ’n meisie se aandag kan trek nie? ’n Seun nie goed genoeg vir die Weermag nie.
Met: Wilhelm van der Walt
Teks: Johann Smith, gegrond op die boek van Dana Snyman
Regie, stel- en beligtingsontwerp: Nico Scheepers
Kostuumontwerp: Hollywood Costumes
Verhoogbestuurder: Jean du Plessis
Musiekregie en komponis: Kate Borthwick
Vervaardiger: Leftfoot Theatre Productions en Innibos
Moontlik gemaak deur: NATi
POK (C6)
Drama
Afrikaans
Geen o. 13 (T/G/I)
75 min.
30 Sep. 09:30
1 Okt. 13:00"