Die-anner-Lewe die Musical
Sat, 12 Sept 2026, 12:00 · JHB Valskermspringklub, Carletonville
Ervaar ‘n storie-aand gelaai met aangrypende spookverhale, gebaseer op ware voorvalle. Vertellings wat koue rillings deur jou lyf stuur of ander wat jou kop in ongeloof sal laat skud. Meng dit met musikale verwerkings van plaaslike en internasionale musiektreffers deur die jare. Dit is wat jy in die produksie “DIE-anner-LEWE” op 12 September by die JHB Valskermspringklub in Carletonville gaan kry.
Aangebied deur Spookstorie-produksies met die storieverteller Jaco Hough-Coetzee.
R350 p/p, aandete ingesluit.