Momentum Aardklop - Hofmeyrs in konsert - Van liefde en die nag
"Musiek verklank op weergalose wyse alle menslike gevoelens en ervaringe. Twee van die mens se rykste bronne van musikale inspirasie, naamlik die liefde en die nag, word in hierdie meesleurende program gevier. Musiek geïnspireer deur vele gedaantes van die liefde en die nag, van die vreugdevolle tot die tragiese, van die koesterende tot die erotiese, van die mymerende tot die magiese, vorm die kern van die konsert, waarin die klassieke en die kontemporêre byeengebring word. Die gevarieerde program word aangebied en toegelig deur vier bekende en geliefde Hofmeyr-musici, liedjieskrywer-sanger Laurinda Hofmeyr, violis Zanta Hofmeyr, fluitis Malané Hofmeyr-Burger en die komponis en pianis Hendrik Hofmeyr. Hulle het gesamentlik op nasionale en internasionale vlak talle konserte aangebied, opnames gemaak en pryse en toekennings ontvang. Hulle word bygestaan deur Schalk Joubert, een van die land se beste en mees bekroonde baskitaarspelers en musiekregisseurs.
Met: Hendrik Hofmeyr, Zanta Hofmeyr, Malané Hofmeyr-Burger, Laurinda Hofmeyr en Schalk Joubert
Musiekregie: Die geselskap, met voorstelle deur Anna Davel
Musiekverwerking: Hendrik Hofmeyr, Laurinda Hofmeyr en Schalk Joubert
Oorspronklike musiek: Hendrik Hofmeyr, Laurinda Hofmeyr en ander
Produksiebestuurder: Trekeend Produksies (Laurinda Hofmeyr)
NWU Konservatorium
Klassiek en Kontemporêr
Afrikaans en Engels
OB
75 min.
1 Okt. 10:00
2 Okt. 13:00"