Harties Kwêla Makietie — Events · The Go-To Guy

Harties Kwêla Makietie

Thu, 24 Sept 2026, 12:00 · Villa Paradiso Country Manor, Other
Harties Kwêla Makietie

Kom vier saam ons titel "Dorp van die Jaar 2026" aan die voet van ons Groot Magaliesberge. Saam met kykNET Kwêla en Lottoland South Africa.

★ 'n VOLLE dag van vermaak en musiek;
★ Meer as 40 pop-up restaurante en kosstalletjies;
★ Meer as 40 handwerk- en produkstalletjies;
★ Buitelug uitstallings;
★ BRAAI - dit IS Erfenis Dag!
★ Lafenis vir oud en jonk;

★ 'n Tee-tuin met gassprekers en plaaslike jong musiektalent;
★ Kindervermaak area;
★ Regstreekse radiouitsendings en onderhoude;
★ Bekende TV-sterre;
★ Veilige parkering

★ Skemer skole-massakoor optrede met plaaslike Hartbeespoort-talent, Dozi en Arina de Witt, Bongani M en VOX koormeester Franco Prinsloo;
★ Aandkonsert saam met Kwêla, Franja du Plessis, Zaan Sonnekus en Dodo Nyoka;

★ EN Makietie akkommodasie pakette by die venue, Villa Paradiso.

TOEGANG:
Koop vroeg R120 vir volwassenes
R20 vir kinders onder 12.

Hekke open 10:00 vir die publiek en sluit 18:00 (vir die aandkonsert).

Hou quicket.co.za dop vir meer informasie en kaartjies.

View this event on The Go-To Guy →

See everything on in the North-West →