Momentum Aardklop - Kuns
Buiten dat smaak verskil, is daar ook al menigte argumente gevoer oor die konsep van wat kuns is, wat nog te sê wat goeie kuns is. Die vriendskap van drie jare lange vriende – Serge, Marc en Yvan – word tot die uiterste beproef wanneer Serge ’n groot, duur skildery koop. Uiteenlopende menings oor Serge se kopie kring gou veel wyer uit as bloot net ’n waardeoordeel oor kuns. Yasmina Reza, een van die mees gevierde kontemporêre Franse dramaturge, se vlymskerp ‘Art’ is een van die suksesvolste eietydse teaterkomedies, wat in 20 tale vertaal is en talle pryse gewen het, onder meer ’n Laurence Olivier- en ’n Tony-prys. Die produksie het in 2025 vyf Kanna-pryse ontvang, onder meer vir beste toneelaanbieding en beste ensemble, asook ’n Woordtrofee vir beste ensemble.
Met: Ludwig Binge, Wessel Pretorius en Wilhelm van der Walt
Teks: Yasmina Reza
Verwerking: Naòmi Morgan
Regie en stelontwerp: Marthinus Basson
Beligtingsontwerp en verhoogbestuur: Nicolaas de Jongh
Assistentverhoogbestuurder: Jean du Plessis
Vervaardiger: KKNK
Produksiebestuurder: KKNK
Komedie
Afrikaans
Geen o. 13 (T)
90 min.
29 Sep. 18:00
30 Sep. 14:00
1 Okt. 19:00
2 Okt. 10:00
3 Okt. 18:00