Momentum Aardklop - Tollie Parton - Tottie en nie verder — Events · The Go-To Guy

Momentum Aardklop - Tollie Parton - Tottie en nie verder

Thu, 01 Oct 2026, 12:00 · Potchefstroom
Momentum Aardklop - Tollie Parton - Tottie en nie verder

"Tollie Parton was nog altyd die ietwat te eerlike vriendin wat dikwels mense kwaad maak. Sy vertel ook al vir jare hoe sy vir niks en niemand bang is nie, maar is dit regtig die waarheid? Is sy nes die dapper muis van ouds bereid om te sê dat sy ook vir niks skrik nie? Jok sy nes daai vuil muis? Wel, tottie en nie verder nie! In Tollie se nuutste aflewering kan sy ongelukkig nie anders as om die waarheid te laat glip nie. Selfs ’n vreeslose fopdosser is soms weerloos teen die natuur. Die liefde het haar kom sag maak. Die probleem is egter: hoe lank gaan dit hou? En wie is die man wat haar hart so kom steel het? Baie mense dink dis Steve. Watter Steve? En kan dit wees? Is dit te goed om waar te wees? Dat sy, ondanks wat daar oor haar gesê word, werklik eintlik net hier is om die goeie nuus te verkondig? Daar is niks wat die liefde en ’n skaaptjop nie kan fix nie.

Met: Tollie Parton
Teks: Anne Hirsch en Wynand Kotze
Regie, verhoogbestuur en vervaardiger: Wynand Kotze
Oorspronklike musiek: Loki Rothman

Ouditorium
Skerpskerts
Afrikaans
Geen o. 18 (T)
80 min.

1 Okt. 12:30
2 Okt. 21:00
3 Okt. 20:00
"

View this event on The Go-To Guy →

See everything on in the North-West →