Momentum Aardklop - Dorpe drome en klaviernote — Events · The Go-To Guy

Momentum Aardklop - Dorpe drome en klaviernote

Thu, 01 Oct 2026, 12:00 · Potchefstroom
Momentum Aardklop - Dorpe drome en klaviernote

"Rocco de Villiers in gesprek met Hannes van Wyk

In Klawer neem Rocco de Villiers lesers op ‘n besondere reis deur die klein dorpies van Suid-Afrika wat sy lewe en loopbaan gevorm het. Met warmte, humor en nostalgie deel hy stories van mense, plekke en avonture wat die hart van die land weerspieël. Dit is ‘n viering van die pad, die musiek en die onvergeetlike karakters wat Suid-Afrika uniek maak.

Niefiksie, Naledi

ATKV-Boeke-oase, The Roots
Gesprekke
Gesin
60 min.

1 Okt. 12:00

Musikante is reisigers, avonturiers, altyd op pad na onbekende bestemmings, na nuwe plekke en nuwe mense. Dis 'n avontuur, 'n ontdekking vol verrassings en verwonderings. 'n Avontuur is egter nie net 'n fisiese reis nie, maar ook 'n innerlike reis van groei en selfontdekking. Dit maak jou oop vir die wêreld om jou en gee jou die kans om anders te sien, anders te dink, anders te wees.

Rocco de Villiers se bundel verhale oor van die plekke in Suid-Afrika waar hy al opgetree het, bied so 'n anderste reis deur die landskap van Suid-Afrika en vertel van sy ervarings en avonture in dié konsertplekke."

View this event on The Go-To Guy →

See everything on in the North-West →