Momentum Aardklop - Rocco de Villiers - Klawer — Events · The Go-To Guy

Momentum Aardklop - Rocco de Villiers - Klawer

Thu, 01 Oct 2026, 12:00 · Potchefstroom
Momentum Aardklop - Rocco de Villiers - Klawer

"Met sy geliefde klaviertreffers, oud én nuut, en die bekendstelling van sy nuwe boek, Klawer, neem Rocco de Villiers die gehoor op ’n reis deur die klein, kleiner en kleinste dorpies van Suid-Afrika. Hierdie konsert is meer as net musiek – dit is ’n eerbetoon aan die mense en plekke wat sy pad oor 27 jaar gevorm het. Elke noot vertel van stofpaaie, samesyn, eenvoud en skoonheid. Klawer is Rocco se dankbare geskenk aan die hart van die land: sy dorpe, sy stories, sy mense. ’n Intieme feesviering van musiek, herinnering en inspirasie – saam met Hansie Roodt op kitaar en bastrom.

Met: Rocco de Villiers en Hansie Roodt
Musiek en verwerking: Rocco de Villiers

Ouditorium
Kontemporêr
Afrikaans
Gesin
80 min.

1 Okt. 19:00"

View this event on The Go-To Guy →

See everything on in the North-West →