Plaas Vakansiekamp — Events · The Go-To Guy

Plaas Vakansiekamp

Thu, 24 Sept 2026, 12:00 · Catchu Kube, Parys
Plaas Vakansiekamp

Liewe ouers,
Dit is weer tyd vir ons 2026 Oktober Plaas Vakansiekamp. Hierdie vakansiekamp is bietjie anders as vorige kampe. Die kinders gaan hulle eie tafels bou om op te eet, ʼn veld-yskas of stoof bou en ook sekere etes self maak. Verder gaan hulle steeds met die diere werk, iets maak om huis toe te vat en natuurlik in die Koepel stap asook die lang waterslide.
Die kamp is vanaf Donderdag 24 September (Vakansiedag) tot Sondag 27 September op ons plaas Catchu Kube net buite Parys in die Vrystaat. Die kostes beloop R1500-00 per kind of R1300 per kind as u meer as een kind stuur of as u kind al voorheen saam met ons gekamp het.
Vir meer inligting en om te registreer, klik net op hierdie skakel https://forms.gle/VDSBw25tvW2HkhpN9, scan die QR kode op die advertensie of skakel my gerus op 072 144 0148.

View this event on The Go-To Guy →

See everything on in the North-West →