Momentum Aardklop - Boesman en Lena
Momentum Aardklop en die Toyota Woordfees span kragte saam om een van Suid-Afrika se grootste dramaturge te huldig. Athol Fugard se ikoniese Boesman en Lena fokus op twee hawelose randfigure: Uitgelewer aan mekaar, die elemente, en aan ’n politieke bestel wat hulle nie ag nie. Dit is ’n boeiende blik op die verwikkeldheid van verhoudings en sosiale ongeregtigheid. Dit is ook ’n viering van die krag en weerbaarheid van die menslike psige, en ons universele neiging tot hoop en behoefte aan meelewing en menslikheid. Boesman and Lena is die eerste keer in 1969 by die Rhodes-Universiteit opgevoer, met Fugard as regisseur sowel as in die rol van Boesman. Hy was ook te sien in die oorspronklike rolprentweergawe van 1973. In dié vertaling van Vinette Ebrahim behartig Christo Davids die regie en Brendon Daniels is in die rolverdeling. Op die wêreldverhoog word dit beskou as ’n klassieke drama, wat meer as 50 jaar later steeds relevant is weens die universele tema van ontheemding.
Met: Veronique Jephtas, Brendon Daniels en Tshamano Sebe
Teks: Athol Fugard, in Afrikaans vertaal deur Vinette Ebrahim
Regie: Christo Davids
Produksie-ontwerp: Kieran McGregor
Produksiebestuurder: Marie Vogts and Anria Roux
Verhoogbestuurder: Kaylin Khan
Assistentverhoogbestuurder: David Kuduntwane
Vervaardiger: ’n Ko-produksie van Momentum Aardklop en die Toyota Woordfees
Moontlik gemaak deur: NATi, die Festival Enterprise Catalyst (FEC) en Jobs Fund
Elgro Hotelsaal
Drama
Afrikaans
Geen o. 14 (T/G/V)
70 min.
30 Sep. 10:00
1 Okt. 14:00
2 Okt. 13:30
3 Okt. 13:30