Momentum Aardklop - Twit verdwaal in die Kangogrotte — Events · The Go-To Guy

Momentum Aardklop - Twit verdwaal in die Kangogrotte

Tue, 29 Sept 2026, 12:00 · Girls High, Potchefstroom
Momentum Aardklop - Twit verdwaal in die Kangogrotte

Wanneer die ruimteverkenner Twit by die Kangogrotte aankom, is hy oortuig dat hy niemand se hulp nodig het nie – veral nie dié van die toergids Bekkie nie. Maar wanneer hy alleen die grotte invaar, verdwaal hy hopeloos en maak per ongeluk twee prehistoriese vroue, Rumpie en Sampie, wakker. Die twee wil nie terugkeer na hul tydperk nie en hou vir Twit gyselaar sodat hulle nie weer in die mure ingetrek word nie. Terwyl Twit desperaat probeer ontsnap, besef hy dat sy hardkoppigheid hom in die moeilikheid laat beland het. Met humor, avontuur en ’n tikkie wetenskapsfiksie vertel hierdie storie hoe belangrik dit is om hulp te aanvaar en dat niemand werklik alleen deur die lewe hoef te gaan nie.

Met: Melandi Swiegelaar, Luan Maartens en Chrizaan Raath
Teks: Chrizaan Raath
Regie en beligtingsontwerp: Lara Lourens
Stelontwerp: Luan Maartens, Melandi Swiegelaar en Lian Strydom
Kostuumontwerp: Melandi Swiegelaar en Luan Maartens
Verhoogbestuur: Luan Maartens
Vervaardiger: Kaz McFadden vir PALI Incubation
Produksiebestuur: Ilke König
Ondersteun deur: PALI Incubation

Girls High
Kinderteater
Afrikaans
Gesin
30 min.

29 Sep. 09:00, 11:00 en 13:30
30 Sep. 09:00, 11:00 en 13:30
1 Okt. 09:00, 11:00 en 13:30
2 Okt. 09:00, 11:00 en 13:30

View this event on The Go-To Guy →

See everything on in the North-West →