Momentum Aardklop - Twit maak maats op Robbeneiland — Events · The Go-To Guy

Momentum Aardklop - Twit maak maats op Robbeneiland

Tue, 29 Sept 2026, 12:00 · Girls High, Potchefstroom
Momentum Aardklop - Twit maak maats op Robbeneiland

Wanneer Twit se ruimtetuig herstelwerk moet ondergaan, besluit hy om Robbeneiland vir die dag te verken. Daar ontmoet hy twee paniekerige pikkewyne, Borrel en Korrel, wat dringend hulp nodig het: Die vuurtoring se lig is gebreek en dit moet herstel word voor donker. Aanvanklik weier Twit om te help omdat hy te besig is, maar hy besef gou hoe belangrik die lig vir skepe en die eiland se veiligheid is. Terwyl hulle saam probeer om die vuurtoring reg te maak, kom geheime, skuldgevoelens en misverstande aan die lig. In die proses leer Twit en die pikkewyne dat eerlikheid, verantwoordelikheid en spanwerk die enigste manier is om groot probleme op te los – en dat selfs die kleinste helpers ’n groot verskil kan maak.

Met: Melandi Swiegelaar, Luan Maartens en Chrizaan Raath
Teks: Chrizaan Raath
Regie en beligtingsontwerp: Lara Lourens
Stelontwerp: Luan Maartens, Melandi Swiegelaar en Lian Strydom
Kostuumontwerp: Melandi Swiegelaar en Luan Maartens
Verhoogbestuur: Luan Maartens
Vervaardiger: Kaz McFadden vir PALI Incubation
Produksiebestuur: Ilke König
Ondersteun deur: PALI Incubation
Girls High
Kinderteater
Afrikaans
Gesin
30 min.

29 Sep. 09:00, 11:00 en 13:30
30 Sep. 09:00, 11:00 en 13:30
1 Okt. 09:00, 11:00 en 13:30
2 Okt. 09:00, 11:00 en 13:30

View this event on The Go-To Guy →

See everything on in the North-West →