Momentum Aardklop - Hartsbriewe — Events · The Go-To Guy

Momentum Aardklop - Hartsbriewe

Thu, 01 Oct 2026, 12:00 · Potchefstroom
Momentum Aardklop - Hartsbriewe

"Maak gereed vir ’n reis terug in tyd in hierdie vertoning deurdrenk met nostalgie, warmte en die sagte fluisteringe van liefde in al sy gedaantes. Laat die klanke van Coenraad Rall se klavier jou dra na vervloë oomblikke, terwyl Hannes van Wyk, geliefde TV-aanbieder en akteur, jou op reis neem met ’n keur van briewe wat soos geheime in ’n ou laai gebêre was. Hierdie hartsbriewe, soms snaaks, soms hartseer, altyd opreg, vertel van verlore liefdes, tydlose familieherinneringe en daardie eenvoudige, kosbare vreugdes van die lewe. Hartsbriewe is ’n huldeblyk aan alles wat ons harte sag maak en ons drome lewendig hou. Jy kan uitsien na ’n vertoning vol nostalgiese stories, ’n bietjie humor, ’n traan of twee – en ’n warm gevoel wat nog lank sal draal ná die laaste woorde gespreek en note gespeel is.

Met: Hannes van Wyk en Coenraad Rall
Teks: Desiré Gardner en Hannes van Wyk
Regie: Hannes van Wyk
Musiekverwerking: Coenraad Rall Curro
Produksiebestuurde: Nelius Ferreira
Vervaardiger: Artist Warehouse CC
Moontlik gemaak deur: Curro

NWU Konservatorium
Musiekteater
Afrikaans
OB
60 min.

1 Okt. 20:00
2 Okt. 16:30"

View this event on The Go-To Guy →

See everything on in the North-West →