Momentum Aardklop - Digters in gesprek oor taal - verbeelding en die lewe — Events · The Go-To Guy

Momentum Aardklop - Digters in gesprek oor taal - verbeelding en die lewe

Fri, 02 Oct 2026, 12:00 · Potchefstroom
Momentum Aardklop - Digters in gesprek oor taal - verbeelding en die lewe

"Johan Myburg, Alwyn Roux en Neil Cochrane in gesprek met Karen de Wet

Johan Myburg Steierwerk Met sy jongste bundel bevestig Johan Myburg hom weer eens as een van die mees gerekende digters in die Afrikaanse letterkunde. Steierwerk bestaan uit 71 sonnette ryk aan ’n uiteenlopende ervaringswêreld. Benewens reis- en liefdesverse is daar die digterlike gesprek met groot geeste soos NP van Wyk Louw, Wilma Stockenström, William Shakespeare, TS Eliot en John Keats, asook met figure soos Mahler en Bizet, en ekfrastiese verse oor onder meer Goya en Dürer.



Onthou is die dag wat breek: gedigte in gesprek met Lina Spies (saamgestel deur Roux en Cochrane) is ’n versameling van ongepubliseerde gedigte waarin verskeie Afrikaanse digters in gesprek tree met die digkuns van ’n uitsonderlike mens en digter. Gedigte van onder meer Hendrik J. Botha, Gerda Taljaard, Daniel Hugo, Amanda Marais, Hein Viljoen en Sarina Dönges verskyn in die bundel.

Digkuns, H&R, Naledi, Tafelberg

ATKV-Boeke-oase, The Roots
Gesprekke
Gesin
45 min.

2 Okt. 15:30"

View this event on The Go-To Guy →

See everything on in the North-West →