Momentum Aardklop - Leon Gropp - Sê dit soos dit is
In Sê dit soos dit is verken woordsmid en humanitêre musikant Leon Gropp (van Ontbytsake-faam) gewone situasies. Met kwinkslae en pittighede delf hy, tong-in-die-kies en kitaar-in-die-hand, spitsvondig in die alledaagse. Van verkleinwoord(jies) tot dubbele ontkenning. Jy sal nie spyt wees… nie. Verwag ongevraagde kommentaar, lewenslesse, ’n poging tot “stand-up comedy”, diepere kuns, woordspeling en pappa-grappe (“dad jokes”). Alles keurig in musikale vorm aangebied.
Ook met Marcel Dednam (klavier) en Jardus Smith (tromme).
Met: Leon Gropp (sang en kitaar), Marcel Dednam (klavier) en Jardus Smith (tromme)
Teks, produksiebestuur, musiekregie en -verwerking: Leon Gropp
Vervaardiger: Gropp Media
The Roots Kapel
Musiekteater
Afrikaans
Geen o. 13 (T)
65 min.
29 Sep. 14:00
30 Sep. 14:00
1 Okt. 13:00