Momentum Aardklop - Coenie at 70 - Debuut — Events · The Go-To Guy

Momentum Aardklop - Coenie at 70 - Debuut

Tue, 29 Sept 2026, 12:00 · NWU Konservatorium, Potchefstroom
Momentum Aardklop - Coenie at 70 - Debuut

Coenie de Villiers is ’n musieklegende en taalikoon in Suid-Afrika. Sy werk die afgelope halfeeu sluit albums, verhoogproduksies, opera en musiekblyspele in. Noudat hy die 70-kerf verbysteek, bied hy in hierdie debuutproduksie ’n intieme en baie persoonlike terugblik op sy die afgelope dekades. Kom luister na die liedere wat tot hom spreek en wat nie noodwendig gereeld gehoor word nie. Kom hoor daardie komposisies wat volksbesit geword het en kom beleef eerstehands die vertellings van die stories ágter die stories. Dis die man en sy klavier – onverdunde Coenie soos min.

NWU Konservatorium
Kontemporêr
Afrikaans en Engels
OB
70 min.

29 Sep. 10:00
30 Sep. 13:00

View this event on The Go-To Guy →

See everything on in the North-West →