Momentum Aardklop - Händel en die Donkie
Met hierdie vertoning bekyk Nataniël die waarde en wonde van indrukke, dit wat elkeen lewenslank bybly en vorm. Die ster in die oog, die storm in die hart. Voor op die tong of diep gebêre, elke indruk bepaal elke tree. Nataniël deel herinneringe, wondere en waansin. Van jazz tot pop tot die barokklanke van Georg Friedrich Händel, Nataniël bring sy wye musikale repertoire, aangebied met ’n nuwe versameling verhale! Hy deel die verhoog met Steinway-pianis Charl du Plessis, asook Leonie Greyling (viool), Daline Mitchley (viool), Kate White (viola) en Kerryn Wisniewski (tjello).
Met: Nataniël, Charl du Plessis, Leonie Greyling, Daline Mitchley, Kate White en Kerryn Wisniewski
Kostuumontwerp: Floris Louw
Ouditorium
Musiekteater
Afrikaans
Geen o. 14
90 min.
29 Sep. 19:30