Momentum Aardklop - Magda Louw en haar Erhard - How Louw can you go — Events · The Go-To Guy

Momentum Aardklop - Magda Louw en haar Erhard - How Louw can you go

Wed, 30 Sept 2026, 12:00 · Potchefstroom
Momentum Aardklop - Magda Louw en haar Erhard - How Louw can you go

Magda en Erhard het beplan om die gehoor te beïndruk – goeie storie, goeie humor, goeie waarde vir geld. Maar Erhard vergeet waar hy is, Magda probeer red wat te redde is, en die dans … wel, dis maar “Louw-warm”. Tog groei daar, tussen die chaos en die komedie, ’n eerlike gesprek oor die kuns van oudword en die lewensprente wat ons almal verf. Deur lag en nostalgie ontdek hulle dat selfs wanneer die verf opdroog, bly daar steeds kleur oor om te bewonder. ’n Warm, wys en onweerstaanbare menslike vertoning vol humor en hart.

Met: Desiré Gardner en Hannes van Wyk
Regie: Desiré Gardner en Hannes van Wyk
Teks: Desiré Gardner
Verhoogbestuurder: Gerrie Visser
Vervaardiger: Artist Warehouse CC
Produksiebestuurder: Nelius Ferreira
Moontlik gemaak deur: Vrystaat Kunstefees
Ouditorium
Komedie
Afrikaans
Geen o. 13 (T)
70 min.

View this event on The Go-To Guy →

See everything on in the North-West →