Momentum Aardklop - Ommitafel
"Ommitafel is ’n intieme reis waar stories oopgevou word soos ’n ou tafeldoek vol onthou. ’n Tafel is die hart van ’n huis – die plek waar brood gebreek word, harte weer heg en stiltes soos stoom oor die disse hang. Ouers wat oud word, kinders wat wegdryf, liefde wat verander en die ongelooflike manier waarop ’n tafel steeds plek hou vir almal wat eens daar gesit het. Kom sit ommitafel, hier waar stories nog warm is, herinneringe nog asemhaal, en waar jy dalk so tussen die bredie en die broosheid iets van jouself sal vind.
Hierdie dubbel-Kanna-benoemde vertoning het die vermoë om emosies los te torring, onthou uit te rafel en die lewe vir ’n oomblik oop te trek soos dinge was en ook geword het.
Met: Steffie le Roux en Mariette Galjaard
Teks: Steffie le Roux
Regie, stel- en beligtingsontwerp: Pierre-André Viviers
Musiekregie: Steffie le Roux en Mariette Galjaard
Produksiebestuurder: Steffie le Roux
Ouditorium
Musiekteater
Afrikaans
Geen o. 13 (T/I)
70 min.
1 Okt. 15:00
2 Okt. 13:00
3 Okt. 13:30"