Momentum Aardklop - Amanda Strydom en Je-ani Swiegelaar - Tillie - Mathilda — Events · The Go-To Guy

Momentum Aardklop - Amanda Strydom en Je-ani Swiegelaar - Tillie - Mathilda

Tue, 29 Sept 2026, 12:00 · Totiussaal, Potchefstroom
Momentum Aardklop - Amanda Strydom en Je-ani Swiegelaar - Tillie - Mathilda

Twee prostitute, een oud, een jonk en onervare. Die twee vroue se stories word in hierdie produksie die universele stem van vroue in alle situasies, hetsy goed of sleg, in desperaatheid of nood. Met ’n goeie skeut humor, satire, tragedie en ’n rou eerlikheid bied hierdie produksie ’n blik op die lewens van vroue waarop die samelewing dikwels neersien. Die storie word verweef met verwerkings en oorspronklike musiek deur Coenraad Rall en Amanda Strydom. Dit is ’n drama uit Strydom se pen, verweef met musiek. En met die bekroonde regisseur Christo Davids se bekwame insig en bydraes, is hierdie produksie véél meer as blote musiekteater. Die musikale leiding van Coenraad Rall en sy klavierspel dra by tot ’n uitsonderlike ervaring. Die produksie is benoem vir twee Kanna-pryse by die KKNK, vir beste debuutwerk en beste musiekteater.

Met: Amanda Strydom en Je-ani Swiegelaar
Teks, kostuumontwerp en produksiebestuur: Amanda Strydom
Regie, stel- en beligtingsontwerp: Christo Davids
Musiekregie, -verwerking en klankbaan: Coenraad Rall
Totiussaal
Drama
Afrikaans
Geen o. 16 (T/S)
70 min.

29 Sep. 17:00
30 Sep. 10:00

View this event on The Go-To Guy →

See everything on in the North-West →