Stroompie Fees
Stroompie Fees 2026
Maak gereed vir die eerste Stroompie Fees – ’n unieke samewerking tussen Impala en The Local Pub wat beloof om een groot partytjie te wees!
Met twee verhoë en ’n ongelooflike atmosfeer is daar iets vir almal.
By Impala kan jy uitsien na optredes deur Zoë, Jaakie, BobbeJan en Sossi.
By The Local Pub tree Daniel Wesley en Johan Loots op om die kuier aan die gang te hou.
Maar dis nie al nie! Verwag:
Beerpong-kompetisies
'n Suprise Joker Draw met verrassings en pryse
Bingo
Yskoue drankies, goeie kos en ’n ongelooflike atmosfeer
Bring jou vriende en kom geniet ’n dag vol musiek, speletjies en onvergeetlike herinneringe.
Datum: Saterdag, 19 September 2026
Plek: Impala & The Local Pub, Potchefstroom
Stroompie Fees – waar goeie musiek, goeie mense en goeie tye bymekaarkom!