Momentum Aardklop - Andre Schwartz - Die kronieke van Buks
In hierdie komiese kabaret blaf Buks koning in die stofstrate van Paul Roux. Buks is ’n klein, wit chihuahua wat glo hy is so groot soos ’n renoster. Hy triptrap van huis tot huis, hoor die skinder, die geheime, en word bederf met brokkies nuus én brokkies lekkernye.
Hy dien as toegangspoort tot ’n gemeenskap wat stadig uitmekaar begin val en waar mense op die rand van chaos leef. Ontmoet onder andere die dominee wat dwelms smous en die fopdosser wat by die staatspresident slaap. Die karakters is eiesoortig en skrikwekkend herkenbaar.
Tussen die seer en die humor lê die gestroopte musiek van onder meer Billy Joel, André Schwartz, Charles Aznavour en vele meer. Alles soomloos verweef in die narratief van hierdie dorpie – ’n mikrokosmos van die wêreld waarin ons leef.
Met: André Schwartz en Bryan Schimmel (klavier)
NWU Konservatorium
Kabaret
Afrikaans en Engels
Gesin
70 min.
29 Sep. 14:00
30 Sep. 16:00