Momentum Aardklop - Rebekka van Kameeldoornplaas
Sat, 03 Oct 2026, 12:00 · Potchefstroom
"Irma Joubert in gesprek met Elize Parker
Rebekka is ‘n arm bywoner op Kameeldoornplaas, wat aan die ryk Wright-familie behoort. Sy is ’n skrander leerling, lief vir skool en haar boeke, maar haar versukkelde pa “verkoop” haar aan die Wright-gesin om in Engeland kinderoppasser te word. In die sprokiesmooi Oxford moet sy haar voete vind. Maar oorlog broei op die horison en die noodlot is nog lank nie klaar met Rebekka nie. Waar pas sy in hierdie wye wêreld in? Is sy Boer of Brit? Is sy regtig die jong dame van die herehuis in Oxford? Wat dan van die kaalvoet kind van Kameeldoornplaas?
Fiksie: LAPA
ATKV-Boeke-oase, The Roots
Gesprekke
Gesin
45 min.
3 Okt. 09:00"