Momentum Aardklop - Algemene Kennis
Algemene kennis is ’n fiktiewe vasvraprogram waarin ’n deelnemer probeer om ’n miljoen rand te wen deur sy abnormaal goeie algemene kennis ten volle te benut. Die aanbieder van die program het wel ’n enorme ego, en as die deelnemer hom verkeerd opvryf, gaan hy uit sy pad uit om seker te maak dat die deelnemer nie die miljoen wen nie. So volg dié storie die televisie opname van die vasvraprogram, terwyl onsinnige vrae, beurtkrag, tegniese foute en ’n ontmoontlike aanbieder jou pad na ’n miljoen rand meer uitdagend maak as wat dit hoef te wees.
Met: Pierre Breytenbach en Johan Joubert
Teks, regie, stel-, beligtings- en kostuumontwerp, verhoogbestuur en vervaardiger: Corné Koegelenberg
he Roots Kapel
Komedie
Afrikaans
Geen o. 16 (T)
70 min.
29 Sep. 16:30
30 Sep. 11:00
1 Okt. 19:00
2 Okt. 13:00
3 Okt. 14:00