Momentum Aardklop - Beste voetjie voor — Events · The Go-To Guy

Momentum Aardklop - Beste voetjie voor

Tue, 29 Sept 2026, 12:00 · Girls High, Potchefstroom
Momentum Aardklop - Beste voetjie voor

Wanneer Hannie, ’n aspirant-DJ, haar voltydse club gig verloor, hustle sy deur Kaapstad met eenmalige gigs, waitressing en selfs voetfoto’s om te oorleef. ’n Skynbare uitweg as au pair by ’n Franse familie ontaard in morele chaos: ’n dronk St. Patrick-aand, ’n impulsiewe tattoo, ’n nude gestuur aan die verkeerde nommer en ’n skokkende moord. Wat soos ’n afwaartse spiraal klink, word egter die begin van Hannie se opkoms as ’n Crossover Cabaret DJ. Beste voetjie voor is ’n kabaret vir jong mense en ’n ode aan al die hustlers wat doen wat hulle moet doen om te doen waarvoor hulle lief is.

Met: Zandelle Meyer en Marcel Dednam
Teks: Zandelle Meyer
Regie: Je-ani Swiegelaar
Musiekregie: Idette Rauch
Musiekverwerking: Marcel Dednam
Choreografie: Braeden Buys
Stelontwerp: Zandelle Meyer
Beligtingsontwerp: PA Viviers
Kostuumontwerp: Elzet Nel
Verhoog- en produksiebestuur en vervaardiging: Erasmus Esterhuizen

Girls High
Kontemporêre en Kabaret
Meertalig
Geen o. 16 (I)
75 min.

29 Sep. 16:30
30 Sep. 16:00
1 Okt. 15:30

R180 (vooraf)
R200 (by die deur)
R160 (Hartsvriende)

View this event on The Go-To Guy →

See everything on in the North-West →