Momentum Aardklop - Koepel-Klop — Events · The Go-To Guy

Momentum Aardklop - Koepel-Klop

Thu, 01 Oct 2026, 12:00 · Potchefstroom
Momentum Aardklop - Koepel-Klop

"’n Eksklusiewe buitelug-ervaring in die hart van die Vredefortkoepel, net buitekant Potchefstroom.

Kom ry saam na Totius se historiese plaashuis, waar die TV-persoonlikheid en aanbieder Su-an Müller-Marais van Totius se geliefde gedigte gaan voorlees. Op veldvoertuie word daar verder gery deur die magiese 2 miljard jaar oue koepel, omring deur die landskap. Hierna word daar voorgelees uit prof. Hans du Plessis se roman Die inkommers, wat handel oor die stories van die mense wat eens in hierdie unieke geologiese gebied gewoon het.

Die rit eindig by die Elgro Lodge op die oewer van die Vaalrivier, waar ’n heerlike ligte middagete en wyne van Hermanuspietersfontein bedien gaan word. ’n Verweefde ervaring van plek, geskiedenis en storie.

Met: Su-an Müller-Marais
Moontlik gemaak deur: Momentum Aardklop, Maroela Media en Hermanuspietersfontein"

View this event on The Go-To Guy →

See everything on in the North-West →