Momentum Aardklop - Vlindervry — Events · The Go-To Guy

Momentum Aardklop - Vlindervry

Tue, 29 Sept 2026, 12:00 · Gimmies, Potchefstroom
Momentum Aardklop - Vlindervry

Vlindervry is ’n vertaling van Leonard Gershe se treffer-1969-komedie Butterflies Are Free. Daan Bekker is ’n blinde 19-jarige wat pas Kaapstad toe getrek het, deels om ’n sangloopbaan na te streef, maar hoofsaaklik om hom onder sy beheervraat van ’n ma se vlerk uit los te woel. Sy nuwe buurvrou is die vrygeestige Griet, en kort voor lank is hulle smoorverlief. Mev. Bekker verbreek egter haar belofte aan Daan wanneer sy uit bekommernis besoek aflê. Sy is glad nie beïndruk deur haar seun se nuwe leefstyl of die nuwe invloed in sy lewe nie, en Daan moet die stryd voortsit vir sy onafhanklikeid en sy liefde vir Griet.

Met: Cindy Swanepoel, Heinrich Wentzel, Jeanne-Marié Koekemoer en Geon Nel
Teks: Leonard Gershe
Verwerking en regie: Wessel Pretorius
Produksiebestuur: Marie Vogts
Vervaardiger: Momentum Aardklop en Toyota Stellenbosch Woordfees

Gimmies
Komedie
Afrikaans
Geen o. 14 (T/V)
90 min.

29 Sep. 09:30
30 Sep. 19:30
1 Okt. 09:30
2 Okt. 13:00
3 Okt. 09:30

View this event on The Go-To Guy →

See everything on in the North-West →