Momentum Aardklop - Sandra Prinsloo - Die ander dogter — Events · The Go-To Guy

Momentum Aardklop - Sandra Prinsloo - Die ander dogter

Tue, 29 Sept 2026, 12:00 · NWU Ouditorium, Potchefstroom
Momentum Aardklop - Sandra Prinsloo - Die ander dogter

’n Tienjarige dogter vind toevallig uit van ’n suster wat twee jaar voor haar geboorte oorlede is. Dié dogter was die Franse skrywer Annie Ernaux, wat in 2022 die Nobelprys vir letterkunde ontvang het. Skielik was Annie nie meer ’n enigste kind nie, maar die plaasvervanger vir ’n groot afwesigheid wat voortleef in haar ouers se woordelose verdrietigheid. Haar suster moes sterf sodat sy as die “vervanging” kon leef. ’n Ragfyn stuk oor skuld, familie en verlies.

Met: Sandra Prinsloo
Teks: Annie Ernaux
Vertaling: Naòmi Morgan
Verwerking: Saartjie Botha
Regie: Lara Foot
Ontwerp en beligting: Wolf Britz
Klankbaan: Simon Kohler
Vervaardiger: Toyota Stellenbosch Woordfees

Ouditorium
Drama
Afrikaans
Geen o. 13
60 min.

29 Sep. 10:00
30 Sep. 10:00 en 12:30
1 Okt. 10:00

View this event on The Go-To Guy →

See everything on in the North-West →