Momentum Aardklop - Ek is nie Danie
"Albert Pretorius trek onder die opruiende begeleiding van Schalk Joubert die skrapnel van ’n vreesaanjaende gewone lewe, skerf vir skerf, uit ’n mislukte huwelik in die buitenste ruimte van Duitsland en die bevoorregte, prekêre gemors van middelklas-Suid-Afrika. Dis ’n storie oor ouerskap en die soeke na behoort en sin maak, gewikkel in die vlamjas van verse en verbysterende musiek, geweef rondom ’n keur uit Danie Marais se vier digbundels. Dis rock-teater oor ’n verlede wat die hede wurg en ’n wit ou wat saam met sy dogter in ’n progressiewe wêreld net een ding vir Kersfees wil hê: “Om nie meer altyd te moet weet hoe ’n middeljarige wit man voel oor alles nie.”
Met: Albert Pretorius en Schalk Joubert
Teks: Danie Marais
Regie, stel- en beligtingsontwerp: Nico Scheepers
Klankbaan: Schalk Joubert
Konsep: Niel van Deventer
Vervaardiger: Toyota Stellenbosch Woordfees
Totiussaal
Drama
Afrikaans
Geen o. 10 (T)
75 min.
1 Okt. 20:00
2 Okt. 09:30"